​Die moderne droomhuis teen ‘n droomprys!

Johannes van Graan Johannes van Graan
Diseño y construcción de Casa Blanca en "La Hornilla" por 1.61 Arquitectos, 1.61arquitectos 1.61arquitectos 獨棟房
Loading admin actions …

Die moderne styl geniet definitief gewildheid by miljoene en miljoene mense wêreldwyd, en daarom fokus vandag se homify 360° stukkie op ‘n moderne huis ontwerp deur die Argentynse span 1.61 Arquitectos

Dié stylvolle struktuur is spesiaal gebou vir ‘n jong paartjie wat opsoek was na ‘n huis met die volgende eienskappe: eenvoudig, stylvol, lief vir die buitelug en nie te duur nie.

Kom ons kyk bietjie hoe hierdie grondvloer ontwerp voldoen aan die vereistes…

Moderne skoonheid

Moeilik om te glo, maar hierdie stylvolle ontwerp is gebou op ‘n kleinerige begroting. Meer oor dit later…  

Kyk net bietjie na al die “detail” van die voorste aansig van die huis: groot vensters, ‘n spierwit kleurskema, ‘n donker houtdeur wat lieflike aandag trek, pragtige plantegroei wat hier en daar bygevoeg is om bietjie aandag te geniet, ens.

‘n Blokkie-styl

Soos ons kan sien met hierdie 3D ontwerp van die huis se buitekant, geniet die huis ‘n ‘blokkie’ vorm, met menigte hoeke en reguit lyne wat uitmekaar vloei om die verskillende spasies uit te beeld (soos die voorstoep, deur, vensters ens.).

Die vloerplan

Alhoewel ons geen foto’s van die huis se binnekant het nie, vertel hierdie vloerplan vir ons dat die hele huis (met ‘n grootte van  120 m²) ‘n ruim uitleg geniet, en ook dat die oopplan leef area binnekant ‘n kombuis insluit, asook oorgenoeg spasie vir ‘n eetkamer en sitkamer. 

Nou vir die bedrag: as ons die prys wat die eienaars vir die ontwerp betaal het terugbereken na Suid-Afrikaanse rand, land ons op ‘n skamele R770,000 – heeltemal ongehoord vir ‘n struktuur met so ‘n stylvolle ontwerp en elegante afwerkings!

Gefokus op die buitelug

Soos die kliënte dit wou hê, is die huis se bou heeltemal gefokus op die buitekant, met tamaai groot vensters en glasdeure wat nie net lieflike uitsigte na binne bring nie, maar ook fantastiese sonlig inlok.

Kan jy nou net dink hoe heerlik dit moet wees om deur daardie glasdeure te sweef, vanaf die sitkamer na die houtdek buite, en te ontspan op ‘n gemaklike uitskop-stoel of tuinstel? 

Vir nog idees, kyk gerus na: Die pragtige modulêre huis met vloerplanne.

需要請人幫你裝潢設計或蓋房子嗎?
馬上找專業人士!

我們雜誌的焦點