​‘n Droom huis wat klein maar treffend is

Johannes van Graan Johannes van Graan
Dom w Gorzowie nr 2, STRUKTURA Łukasz Lewandowski STRUKTURA Łukasz Lewandowski 房子
Loading admin actions …

‘n Gesogte huis met ‘n stylvolle ontwerp hoef nie altyd massief te wees nie – en vandag se homify 360° stukkie bewys dit. Alhoewel hierdie moderne skepping ietwat aan die klein kant is, bied dit ‘n heel indrukwekkende uitleg en ontwerp wat dit definitief ‘n plekkie op heelwat mense se “droom huis” lysies sal versker. 

Kom ons loer bietjie…

Natuurlike skoonheid

Die monochroom kleurskema van die buitekant trek al klaar lieflik aandag, veral omdat dit so mooi kontrasteer met die groen van die erf. En gepraat van erf, kyk net hoe netjies is hierdie tuin met sy boompies opgepas – die perfekte versiering vir hierdie moderne/minimalistiese skepping.

Die huis se voorkant

Selfs van die buitekant af kan ons klaar sien dat hierdie skepping nie die grootste ooit is nie, maar danksy die netjiese ontwerp, elegante kleure en indrukwekkende styl, stel ons klaar belang!

Die agterkant

Die kleurskema aan die agterkant verwelkom ‘n heerlike warm rooibruin wat die houtdek inkleur. En hierso kry ons ook lieflike groot vensters te sien wat natuurlike lig en tuin uitsigte na binne stuur.

En gepraat van daardie houtdek, wat sal jy bysit om hierdie agterstoep meer pragtig en prakties te maak? ‘n Tuinstel? ‘n Paar potplante?

Lieflike uitsigte

Ons loer net gou vinnig na die ooplan slaap- en badkamer voor ons hierdie ontdekking afsluit – en wat ‘n pragtige uitsig geniet hierdie vertrek nie! ‘n Losstaande bad voeg bietjie moderne karakter by, om nie eers te praat van die heerlike lig wat na binne vloei nie.

Ja, ons weet ‘n oopplan bad- en slaapkamer is nie almal se idee van styl nie, maar met so ‘n prentjie-mooi uitsig van die tuin buite kan mens mos nou nie anders nie!

Vir nog inspirasie, kyk gerus na Die Johannesburg huis met ‘n elegante leefstyl.

需要請人幫你裝潢設計或蓋房子嗎?
馬上找專業人士!

我們雜誌的焦點