​‘n Vervelige ou huis kry ‘n treffende nuwe ontwerp

Johannes van Graan Johannes van Graan
House Smit, Property Commerce Architects Property Commerce Architects 現代房屋設計點子、靈感 & 圖片
Loading admin actions …

Vandag se opknappingsontwerp kom van die kreatiewe mense by Property Commerce Architects in Bloemfontein. En die projek wat hulle met ons gaan deel? ‘n Verouderde familiehuis wat met ‘n heel nuwe ontwerp spog, insluitende pragtige afwerkings en ‘n slim uitleg. 

En soos jy binnekort sal sien, is hierdie nuwe ontwerp nogal heel perfek vir die inwoners se sosiale leefstyl…

Voor: Die voorste aansig

Soos ons kan sien, het die voorste deel van die huis waar die motorhuis geleë is heelwat potensiaal gehad in terme van spasie, maar nie soveel wanneer dit by moderne styl kom nie.

Voor: Ontspanning aan die buitekant

Ons raak altyd opgewonde wanneer ons ‘n spasie sien wat spesiaal ontwerp is vir kuier en onthaal, soos hierdie buitestoepie aan die kant van die huis wat oor die tuin uitkyk. 

Maar met alle eerlikheid gesê, voel ons hierdie ontwerp kan ook doen met ‘n bietjie meer moderne styl…

Na: Baie beter!

Wat eens op ‘n tyd ‘n oulike ou stoepie was is nou opgegradeer na ‘n stylvolle ontwerp wat baie meer modern (asook ruim) lyk. Kyk bietjie na daardie houtpergola, die potplante, die houtbankie, die netjiese ontwerp van die tuin… so maklik om na te boots!

Na: Perfek vir ‘n sosiale vlinder

Hierdie 3D ontwerp wys vir ons nog meer potensiaal wanneer dit kom by hierdie huis se sosiale spasies: ‘n stylvolle boma waar gaste heel gemaklik rondom ‘n knetterende vuurtjie kan sit en ontspan! 

Kom ons loer na nog ‘n paar foto’s van hierdie huis se nuwe stylvolle ontwerp…

Vir nóg lekker styl en inspirasie, bied ons aan: Die Pretoria huis wat asems wegslaan.

需要請人幫你裝潢設計或蓋房子嗎?
馬上找專業人士!

我們雜誌的焦點