​7 treffende voorbeelde van skuifpanele vir kaste

Johannes van Graan Johannes van Graan
homify 臥室
Loading admin actions …

Of jy nou in ‘n klein ou gehuggie woon of in ‘n 10-slaapkamer paleis, feit bly staan dat ‘n kas definitief ‘n verskil kan maak wanneer dit by spasie kom, asook die verskil tussen ‘n deurmekaar en beknopte vertrek en een wat lieflik skoon en ruim is.

En dis presies waarop ons vandag gaan fokus: kaste, spesifiek dié met skuifdeure, aangesien hulle selfs nog meer spasie bespaar, om nie eers te praat van hoe treffende modern hulle lyk nie.

Kom ons beloer so paar voorbeelde vir jou inspirasie…

1. Modern en stylvol

Net soos gewone skuifdeure, bied kaste se skuifpanele ons ook talle opsies in terme van materiale, kleure en afwerkings – en as jy voel jy wil ‘n meer sagte voorkoms vir jou klerekas hê, stel ons hierdie semi-deursigtige voorbeeld voor, wat tog te stylvol lyk!

2. Net ‘n tikkie kleur

homify 臥室 衣櫥與衣櫃

Nog ‘n wonderlike voordeel van kaste se skuifdeure is die feit dat hulle ook pragtige dekorstukke kan wees en met kleure en patrone kan spog wat die res van jou slaapkamer (of watse vertrek ookal) nog meer fantasties laat lyk, soos hierdie voorbeeld vir ons wys.

3. Lieflike hout

Hout is heerlik veelsydig, aangesien dit in letterlik enige styl kan inpas, van modern tot rustiek. En kyk net watse treffende ontwerp geniet hierdie kas danksy daardie hout afwerking en roomkleure.

Daardie dekorstuk van hout aan die linkerkant help natuurlik ook!

4. Kreatief met kleure

homify 臥室 衣櫥與衣櫃

Danksy daardie helder kleure, is hierdie kasdeur perfek vir ‘n kinderkamer (of enige slaapkamer of ander vertrek waar mens nie wil hê die styl moet te styf voorkom nie).

5. Aardse kleure

Die kombinasie van kleure en afwerkings kan natuurlik vir ‘n heel unieke ontwerp sorg, soos hierdie styl wat spog met warm aardse kleure, asook ‘n glans voorkoms.

6. Spierwit

homify 臥室 衣櫥與衣櫃

‘n Ander manier om jou kas meer prominent te maak is om dit spierwit en subtiel te hou, wat dit natuurlik lekker gaan laat uitstaan in ‘n vertrek wat ander kleure wys, soos hierdie voorbeeld – kyk net hoe kontrasteer daardie helder wit met die koel groen van die mat!

7. Minimalisties

Soos gesê, kan kasdeure ook dekorstukke wees, wat jou vertrek se spesifieke styl nog meer beklemtoon. En wanneer dit kom by die minimalistiese styl, kan ons aan geen ander kas of kasdeur dink wat meer perfek kan inpas as hierdie een nie. 

Danksy ligte kleure en net so tikkie houtontwerp, geniet hierdie kas nog steeds lekker karakter sonder dat dit die hele vertrek oorval. 

Volgende op ons loerlysie: 10 slaapkamers vir dekor inspirasie.

需要請人幫你裝潢設計或蓋房子嗎?
馬上找專業人士!

我們雜誌的焦點