​‘n Super luukse skepping in Johannesburg

Johannes van Graan Johannes van Graan
House Maroun - Serengeti Golf Estate - Benoni, House of Gargoyle House of Gargoyle 現代房屋設計點子、靈感 & 圖片
Loading admin actions …

Of dit nou ‘n Kaapse huisie tussen die berge of ‘n sjiek familie woning in Pretoria is, Suid-Afrikaanse talent is definitief nie te versmaai wanneer dit by argitektuur en ontwerp kom nie – en vandag se homify 360° stukkie bewys dit net weer vir ons.

Hierdie skepping kom van die profesionele en kreatiewe mense by House of Gargoyle en is geleë in ‘n luukse woonbuurt in Northcliff, Johannesburg.

Fantastiese ontwerp

Trek die ontwerp van die huis se voorkant jou nie al klaar aan nie? Met die baksteen-tekstuur van die oprit en die vars-groen tuin en erf aan die kant, is selfs die areas buite die huis eksie perfeksie.

‘n Paradys styl aan die agterkant

Ons was seker dat ‘n huis met so ‘n manjifieke voorkant ons nie sou teleurstel aan die agterkant nie – en ons was reg! 

Hierso is waar moderne styl en ultra elegansie mekaar ontmoet en saam elke liewe element opstyl, van die klippie-tuin en houtdek tot die L-vormige swembad en afdak terras. En kyk net hoe terg daardie massiewe vensters en glasdeure ons met die binnekant se styl en swier.

‘n Gesofistikeerde leefspasie

Ons het tyd vir nog ‘n vinnige prentjie, en dus bekyk ons die ooplan sitkamer wat, sodra daardie glasdeure opsy gestoot word, visueel een word met die terras, swembad en hele agtererf. 

Hierso kan ons ook sien dat die gesofistikeerde styl nie net aan die buitekant aan die werk is nie, want daardie lieflike sofa, mat, koffietafel, beligting… ag, sommer als betower ons onimiddelik met hul sagte kleure en stylvolle ontwerpe.

Volgende op ons lysie: Die R6.8 miljoen partytjie-huis in Pretoria.

需要請人幫你裝潢設計或蓋房子嗎?
馬上找專業人士!

我們雜誌的焦點