​7 foto’s van L-vormige kombuise vir klein huise

Johannes van Graan Johannes van Graan
Дизайн-проект квартиры, Artstyle Artstyle 廚房
Loading admin actions …

Het jy geweet ‘n kombuis wat in ‘n L-vorm uitgelê is kan heel prakties werk vir klein spasies? En ja, dit sluit in genoeg vloerspasie vir beweging, asook al die nodige toestelle vir kook, bak, opwas, ens. En moenie vergeet van daardie belangrike element wat enige kombuis (of ander vertrek) moet bevat: styl! 

Dus, indien jy opsoek is na inspirasie (of sommer net idees in die algemeen), loer gerus na hierdie 7 foto’s van L-vormige kombuise.

1. Die L-vorm

Dis nie moeilik om te verstaan waar die term ‘L-vorm’ vandaan kom nie, aangesien die kombuis heel perfek uitgelê is in twee 90° hoeke wat perfek pas – nes die letter L.

2. Lekker kleurvol

Moenie dink net omdat daardie kombuis klein is dat jy hoef weg te skram van helder kleurskema’s nie – kyk net hoe lekker werk hierdie L-vormge uitleg met sy warm-pienk mure!

3. Ietsie meer klassiek

Дизайн-проект квартиры, Artstyle Artstyle 廚房

Alhoewel dit aanbeveel word om ligte kleure in smal spasies te gebruik, kan ‘n titseltjie donkerte ‘n heel aangename (selfs elegante) styl verseker. Kyk net na hierdie klassieke-styl kombuis met sy room-kleurige mure en donker kaste – hoe fantasties!

4. Die wonder van graniet

Hetsy dit nou ‘n ruim or klein kombuisie is, graniet is ‘n fantastiese opsie, veral wanneer dit saam met hout en metaal-afwerkings gekombineer word.

5. Sag, dog sjiek

Ons is mal oor hierdie moderne styl wat ‘n heel sagte ontwerp geniet, danksy die spierwit kaste en see-blou mure. Moenie vergeet van die vlekvrye staal elemente wat ‘n titseltjie “dazzle” verseker nie.

6. Manjifiek modern

homify 現代廚房設計點子、靈感&圖片

En gepraat van “dazzle”, wat dink jy van hierdie verlakte kombuiskaste wat, tesame met die natuurlike beligting en vlekvrye staal afwerkings, dié kombuis pragtig ophelder?

7. Heel oorspronklik

Natuurlik is die rustieke styl ook welkom in ’n klein spasie, aangesien mens glad nie ‘n groot oppervlakte nodig het om karakter en tekstuur te geniet nie: keramiek teëls vir die muur, houtrame vir die kaste en vensters, en ‘n sanderige kleurskema vir die hele vertrek – so maklik! 

Vir nog idees, kyk gerus na hierdie 36 foto’s van kombuise om jou te inspireer.

需要請人幫你裝潢設計或蓋房子嗎?
馬上找專業人士!

我們雜誌的焦點