‘n Droomhuisie in Italië

要求報價

此為無效的號碼。請確認你的國碼、已去除前缀的 0 ,還有電話號碼是否都正確。
點擊 '送出' 的話,代表我已詳閱 隱私政策 並同意當我請求支援時,homify可以使用我之前提供的資料.
小提點:只要發電郵給 privacy@homify.com,你就能隨時撤回我們的使用權限。

‘n Droomhuisie in Italië

Johannes van Graan Johannes van Graan
根據 Studio Guerra Sas 古典風
Loading admin actions …

Pak op, pak op… vandag toer ons na Tuscany, Italië waar die oulikste rustieke huisie (geleë in die middel van ‘n woud) op ons wag. Maar voordat jy kla dat rustieke style jou aan ou en verwaarloosde strukture herinner, ontspan: hierdie huisie spog met soveel klas, styl en gemak, binne en buite, dat dit ‘n droomhuis vir enigiemand kan wees.

En aangesien dit propvol shabby-chic styl is, is daar soveel inspirasie hier wat jy kan uittoets vir jou eie huis!

Heerlike ontspanning

Wat is ‘n huis nou sonder ‘n heerlike uitspan spasie? En ons is seker dat hierdie afdak stoepie perfek is vir menigte kuiers en ontspanningsessies, maak nie saak wat die weer besluit om te doen nie!

Van vêr gesien

Eet, drink en geniet

Die tweede afdak stoepie, geleë slegs ‘n paar treë van die eerste een wat ons aanskou het, is ietwat groter en word gebruik vir wanneer daardie kuiersessies gepaard gaan met heerlike kos en drinkgoed.

Kan jy jouself (saam met vriende en familie) sien uitstrek hierso terwyl jy smul aan Italiaanse wyn en pasta?

Die binnekant

Sien? Selfs al is die binnekant nou rustiek, maak die shabby-chic touches seker dat elke spasie en vertrek gemaklik en super stylvol is. En danksy die sagte kleurskema, dekorstukkies en menigte hout afwerkings geniet die huis se binnekant amper ‘n Mediterreense styl / strandhuis gevoel.

Sag en stylvol

Die kombuis

Die hart van hierdie huis is ewe aanloklik, en alhoewel dit nou nie die grootste kombuis ooit is nie, is hier definitief genoeg spasie vir ‘n ordentlike kooksessie – en daar is mos daardie tamaai groot eettafel op die afdak stoepie buitekant vir feesvier! 

Kom ons beloer nog so paar foto’s van hierdie aanloklike struktuur…

Nou vir iets meer plaaslik geleë: Ontdek bietjie Die pragtigste huis in die Kaap.

現代房屋設計點子、靈感 & 圖片 根據 Casas inHAUS 現代風

需要請人幫你裝潢設計或蓋房子嗎?
馬上找專業人士!

挖掘更多居家設計的靈感!